Baaienaars kan vanaand (Woensdag 22 Oktober) by Pick n Pay en Die Burger se wynproe, wat deel van Sherwood Garden Centre se jaarlikste lentefees uitmaak, ’n glasie op die nuwe seisoen klink.

Steve Solomon, aankopebestuurder van Pick n Pay, sê hulle sien baie daarna uit om gaste te laat proe aan die heerlike wyne wat op hul winkelrakke is.

“Dié tyd van die jaar begin mense om die langer dae te geniet en onthaal meer dikwels tuis. Die wynproe-aand bied ’n uitstekende geleentheid om jou gunstelingwyne vir die somer te kies.”

Pauline Swart, Smollan Liquor in die Oos-Kaap se streekbestuurder, wat help om die wynproe-aand te organiseer, sê mense kan vanaand ’n wye verskeidenheid wyne op die proef stel. “Ons het die wyne só gekies dat daar iets vir almal se smaak sal wees.”

Volgens haar sal gaste kan kies en keur tussen heerlike, bekostigbare wyne vir elke geleentheid.

Carmel Wolf van die Sherwood Garden Centre sê dit is die eerste jaar dat daar ’n wynproe by die lenteskou is. “Aangesien tuin en leefstyl vervleg is, skakel ’n wynproe-aand goed by die aard van die fees in.”

Sy sê ’n tuin bied die perfekte agtergrond om ’n wyntjie tydens somermaande met vriende of familie te geniet.

Vicki Rothman, Oos-Kaapse hoof van publisiteit by Die Burger, sê die wynproe-aand is een van die feeshoogtepunte. “Dis vir ons lekker en ’n voorreg om by dié eiesoortige lentefees betrokke te wees.”

Sy sê lesers wat gedurende die lentefees op Die Burger inteken, sal ’n R100-geskenkbewys van Sherwood Garden Centre kry.

Persone wat kaartjies vir die wynproe-aand soek, kan Sherwood Garden Centre (041 398 4400) of Carmel Wolf (074 179 5955) gerus bel.

Die lentefees, wat tot 26 Oktober duur, is daagliks tussen 8.30vm en 5nm oop en toegang en parkering is gratis.

Die wyne waaraan mense vanaand kan proe, sluit die volgende in:

Kleine Zalze:
Kleine Zalze Cellar Select Chenin Blanc
Kleine Zalze Vineyard Selection Cabernet Sauvignon
Family Reserve Sauvignon Blanc

KWV:
Roodeberg-rooi
Roodeberg-wit
Cafe Culture

Clos Malverne:
Clos Malverne Devonet Merlot / Shiraz
Clos Malverne Devonet Sauvignon Blanc
Clos Malverne Devonet Rosé

Swartland:
Swartland Chenin Blanc
Swartland Bukketraube
Swartland Merlot

The Company Of Wine People:
Welmoed Cabernet Sauvignon
Welmoed Chenin Blanc
Welmoed Brut

Simonsvlei:
Simonsvlei Rosé
Simonsblanc
Simonsrood

Uitgereik deur:

Full Stop Communications

Coetzee Gouws
082 575 7991
041 368 4992
coetzee@fullstopcom.com
www.fullstopcom.com

Namens:

Sherwood Garden Centre

Communications management | Media management | Media monitoring | Public relations | Press releases | Copywriting | Ghostwriting | Editing | Translation | Corporate identity | Advertising | Graphic design | Presentations | Photography | Events management